Local newsNews

Kur­perboerdery bring groot vreugde

’n Op­ko­men­de kur­per­boer van Be­la-Be­la meen na­tuur­li­ke fak­to­re is ’n baie be­ter oplossing om die wa­tergehalte in dam­me en ri­vie­re te reguleer as duur chemiese prosesse — en dan kan dit boonop winsgewend wees.

Die Pos het by Jo­han Mool­man, ’n inwoner van die Nood­hulp-hoewes bui­te die dorp, gaan kui­er. Hy boer die afgelope twee jaar met kurpers in ’n dam op die hoewe.

“Die vis­se hou die groei van alge in die dam in toom en eet muskietlarwes. Dit is weten­skap­lik bewys dat vis­se in ’n dam die wa­ter­gehalte kan ver­be­ter en die volwasse visse word ’n goei­e voed­sel­bron.”

Mool­man, wat op sy dag as buik­spre­ker, hip­no­tiseur, plof­stof­­kun­dige en bou­er gewerk het, sê sedert hy dié boerdery sowat twee jaar gelede begin het, brei die boerdery net uit.

“Ek het ba­ie raad by De­reck James, wat vol­tyds ’n kur­per­plaas op Nood­hulp be­dryf, ge­kry. Sy kur­perboerdery het mettertyd al hoe meer wins­ge­wend ge­word soos wat die aanvraag na dié visse toegeneem het.”

Mool­man het aan­vank­lik pro­ble­me ondervind met voëls soos Bos­veld-vis­vang­ers wat die kur­pers uit die dam ge­vang het. James het by sý boerdery groot tonnels opgerig wat die voëls buite hou en die tempe­ratuur van die water kon­stant hou. Mool­man sê hy het egter besluit om ’n staal­raam te vervaar­dig en met leë plas­tiek­bottels te vul om die damopper­vlak te bedek. Die voëls kry nie kans om jag te maak op die visse nie en die plastiek dien as buffer vir die uitstra­ling van hitte en sodoende word die water­tempe­ratuur kon­stant gehou.

Daar is volgens hom ’n groot be­lang­stel­ling in vis­vang­moontlikhede. Daar is boere wat reeds groot skole vis in hul plaas­damme gevestig het. Dit kan hengel­sport in die toe­koms bevorder, het Mool­man gesê.

Uit ’n opvoed­kun­dige oogpunt is dit altyd vir die jong­span ’n aan­gename erva­ring om visse te voer.

“Dit is be­lang­rik dat boere in­ge­lig­te be­slui­te neem oor die soort kur­per­spe­sies wat in die Bos­veld oor­leef. Sommige kurper­spesies kan by­voor­beeld in min water oorleef.

Die ver­keer­de spe­sie, soos die Nyl-kur­per, kan ’n hele dam vol dooi­e vis­se tot gevolg hê,” het Mool­man ge­sê.

Related Articles

Back to top button