Die eerste uitdunronde van die Western Mounted Games-perderuiterskompetisie (SAWMGA) het op Saterdag 8 Februarie by die Berbon-stalle buite Bela-Bela plaasgevind. Daar was ongeveer 50 deelnemers wat in verskillende afdelings deelgeneem het. Die wenners van die Silver Saddles-klub was Paige Cronjé, Joane Grobler, Nelene Mostert, Ané Pretorius, Neegan Visser en Tienie Myburgh. Die volgende ronde vind op Saterdag 7 Maart in Polokwane plaas. Op die foto is Paige Cronjé en haar perd in aksie.
Dié atlete van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het pragtig presteer tydens die onlangse areaatletiekbyeenkoms en het deurgedring na die distriksbyeenkoms. Voor is Mia Botha en Waldo Hoffmann. Agter is AJ Loots en Cheline van Jaarsveld.
Mieke Oelofse was eerste in die o.9-meisies se 80 m-wedloop tydens Laerskool Vaalwater se interhuisatletiekbyeenkoms wat op Woensdag 22 Januarie gehou is.
Deiondré Bodenstein was een van die lede van die Geel-span van Laerskool Vaalwater se dirigente tydens hul interhuisbyeenkoms op Woensdag 22 Januarie. Sy is ook aangewys as die senior Victrix Ludorum. Leerders van gr. R tot gr. 7 het hul bes op die sportveld gegee.
Laerskool Warmbad se atlete het baie goed gevaar tydens die skool se interhuisatletiekbyeenkoms. Op die foto is Bohlale Modiba (senior Victor Ludorum) en Melienke Vermaak (senior Victrix Ludorum). Die junior Victor Ludorum was Jake Monulu en die Junior Victrix Ludorum was Shamika Gouws.