CrimeNews

Vermeende booswigte aangekeer ná rooftog van meer as 300 km

Die nood­groe­pe het op Dins­dag 4 Fe­brua­rie behoorlik ge­gons na­dat vyf ge­wa­pen­de ver­dag­tes ’n Jet-kle­re­win­kel in Le­pha­la­le van sel­fo­ne be­roof het.

Die voor­val het na ver­neem word tus­sen 09:00 en 11:00 plaas­ge­vind.

Pad­blok­ka­des is ná die roof­tog op­ge­rig, ter­wyl buurt­wag-, ge­meen­skap­po­li­sië­rings­fo­rum­le­de (GPF) en vei­lig­heids­on­der­ne­mings die paai­e ge­mo­ni­teer het. Daar is vermoed dat die ro­wers in ’n wit BMW van die to­neel ge­vlug het.

Vol­gens in­lig­ting van die po­li­sie het die ro­wers op ’n ma­nier el­ke pad­blok­ka­de van Le­pha­la­le, Vaal­wa­ter en Mo­di­mol­le tot in Be­la-Be­la vry­ge­spring.

Volg­ens Ru­di Jan­se van Vuu­ren van Ma­kan­ya­ne Anti-Poaching-eenheid het ver­keers­be­amp­tes deur die loop van die og­gend ’n Quan­tum-mi­ni­bus op die R101-pad tus­sen Be­la-Be­la en Ra­dium van die pad getrek. Die be­amp­tes het nie ver­moed dat die groep mans in die voertuig by die roof­tog be­trok­ke was nie en het slegs ’n roetine-ondersoek uitgevoer. Die onder­soek­spanne was toe egter reeds warm op hul spoor.

 

Die polisie het beslag gelê op ge­steel­de sel­fo­ne ter waar­de van meer as R100 000, vuur­wa­pens, am­mu­ni­sie, as­ook ver­skil­len­de nom­mer­pla­te. Op die fo­to is kon­sta­bels Chris Ma­la­pa­ne en Tha­bo Ma­shia­ne, saam met Ru­di Jan­se van Vuu­ren van Ma­kan­ya­ne An­ti-Poaching-eenheid be­sig om die i­tems by die Be­la-Be­la-po­li­sie­sta­sie te sorteer.

 

Voordat die mi­ni­bus kon weg­trek, was van die lede egter op die toneel en is die ver­dag­tes met die gesteelde items, as­ook twee vuur­wa­pens, be­trap en in hegtenis geneem. Die ondersoekspanne sê dat hul steeds kopkrap oor hoe die verdagtes die gereg 300 km lank kon ontduik.

Vol­gens die po­li­sie was die ver­dag­tes op pad na Them­bi­sa (Gau­teng) met die buit. Die waar­de van die ge­steel­de items word op ongeveer R100 000 geraam.

Die po­li­sie het ook ver­skil­len­de nom­mer­pla­te in die voer­tuig ont­dek wat die ro­wers glo ge­bruik het in ’n po­ging om die po­li­sie te fnuik.

Die ver­dag­tes sou teen druk­tyd op aan­klag­te van die be­sit van on­ge­li­sen­sieer­de vuur­wa­pens en am­mu­ni­sie, as­ook die be­sit van ge­steel­de eien­dom in die Be­la-Be­la-land­dros­hof ver­skyn.

Die ver­dag­tes sal vol­gens die po­li­sie na ver­wag­ting eers in Le­pha­la­le aan­ge­kla word vir ge­wa­pen­de roof.

Die polisie bedank veral die on­der­skei­e dor­pe se po­li­sielede, Ma­kan­ya­ne, Tracker SA, le­de van die Wezindlela Group, die GPF, en el­ke lid van die publiek wat gehelp het om die woord te ver­sprei.

Related Articles

Back to top button