LettersOpinion

Parkrun bring vreugde en pret

Trek aan jou tekkies en kom deel saam in die same­syn en goeie gesond­heid.

Vanessa van Tonder, Thaba Indle, Bela-Bela, skryf:

Ek en twee van my vrien­dinne (onder­skeide­lik 64 en 75 jaar oud) het op Sater­dag­oggend 1 Februa­rie ons eerste park­run, ’n 5 km-stap­tog, by Koro Creek buite Modi­molle byge­woon.

Dit was ’n fan­tas­tiese onder­vin­ding. Die geleent­heid word gratis by die Koro Creek-gholf­baan aan­gebied. Ons het aanlyn geregis­treer en ’n strepies­kode ont­vang en daar­mee was alles gereed vir ons avon­tuur in die prag­tige natuur­skoon.

Baie geluk aan Koro Creek, die park­runorgani­seerders en die talle vry­willigers wat ons dag baie spe­siaal gemaak het.

Komaan Bos­velders, hier is ’n uitda­ging: Trek aan jou tekkies en kom deel saam in die same­syn en goeie gesond­heid wat hierdie inisia­tief bevorder. Jy kan draf of stap binne jou eie vermoë, maar wees deel van dié wonderlike inisiatief.

Related Articles

Back to top button