Home/Galleries/Community galleries/Geite en giere… Community galleriesGalleries Geite en giere… Wat gebeur in- en om die Waterberg? February 6, 2020 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Erlo Lademan en sy ma, Gretchen, gaan Bela-Bela eersdaags vir Pretoria verruil. Erlo is die seun van wyle Erwin Lademann, wat baie jare by die Towoomba-landbounavorsingstasie buite Bela-Bela betrokke was. Erlo was by verskeie organisasies betrokke. Sy vriendelike gesig sal veral gemis word by die NG Warmbad-Wesgemeente se basaars, die plaaslike rolbalklub en die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) se fondsin- samelingsprojekte. Hy het ook op Woensdae by die Warmbad-dienssentrum gehelp. Gretchen was voor haar aftrede ’n teatersuster by die Warmbad-hospitaal. Op die foto is die gesin net voor Erwin (regs) se dood. Klub 60 in Modimolle het groot planne vir die jaar en het al reeds hul vriendekring uitgebrei met nuwe en ou lede wat byeengekom het vir ’n lekker ete en gesellige samesyn. Inwoners bo 60 wat nuwe vriende wil maak, is welkom om by die klub aan te sluit. Vir navrae bel vir Leonie Lombard by tel. 083 666 2754. ’n Inwoner van Uitbreiding 8 in Phagameng se tuin is omgedolwe nadat polisiebeamptes van die Modimolle-polisie groot daggaplante in sy tuin raakgesien het. Die plante is uitgehaal en die inwoner is in hegtenis geneem. Volgens AO James Findlay is die geskatte waarde van die vonds sowat R3 000. Op die foto is konst. Olive Mahlaola, konst. William Baloyi en lt. kol. Michael Mothadi by die plante. February 6, 2020 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print