Marcelle Maritz, Vryheidsfront Plus (VF Plus), provinsiale leier: Limpopo, skryf:
Dit is sorgwekkend dat talle navrae van die VF Plus aan dr. Phopi Ramathuba, Limpopo se LUR vir gesondheid, geïgnoreer word.
Die VF Plus het verskeie klagtes van gemeenskapslede in die provinsie ontvang oor dienslewering in staatshospitale. Die VF Plus het vroeg in Desember ’n dringende vergadering met Ramathuba versoek. Tot op hede was daar nog geen antwoord nie.
Die LUR se onaanvaarbare gedrag is tekenend van die swak dienslewering in die provinsie se hospitale. Van die klagtes wat ontvang is, is ernstig en stel menselewens in gevaar.
Die VF Plus het reeds weer in ’n skrywe aan die LUR ’n dringende vergadering aangevra.
You can read the full story on our App. Download it here.