Local newsNews

Wees bedag op die tekens van kanker

Wêreldkankerdag op Dinsdag 4 Februarie wil mense bewus maak van die vroeë tekens van dié gevreesde siekte, sodat behandeling so spoedig moontlik kan begin.

Wêreldkankerdag op Dinsdag 4 Februarie wil mense bewus maak van die vroeë tekens van dié gevreesde siekte, sodat behandeling so spoedig moontlik kan begin.

Volgens Kansa is vroeë opsporing van kanker een van die kragtigste maniere om ’n lewe te red. Die simptome is egter uiteenlopend omdat daar soveel verskillende soorte kanker is. Kennis van wat die sleuteltekens is, kan mense help om vroeg vir raad aan te klop.

Kansa se raad is om bedag te wees vir ongewone knoppe of swelsels wat somtyds pynloos mag wees en wat groter mag word. Gee liefs aandag aan ’n aanhoudende gehoes, kortasem en as dit moeilik is om te sluk.

Veranderinge in dermgewoontes, byvoorbeeld hardlywigheid, diaree en/of bloed in die stoelgang kan moontlik dui op kanker. Nog tekens om voor op te let sluit in: die behoefte om dringend en meer gereeld te urineer of as daar ’n onvermoë of pynlikheid is om te urineer, onverklaarde bloeding vanuit die anus of vagina.

Mense moet ook let op onverklaarbare en onbeplande gewigsverlies binne ’n kort tydperk en erge moegheid en totale verlies aan energie. Hou moesies dop veral as ’n nuwe een verskyn of indien daar verandering in grootte, vorm of kleur is.

Ongewone veranderinge aan die vorm en grootte van borste of van die vel, is ook rede tot kommer. Mense moet ook mediese raad inwin vir ’n verlies aan eetlus oor ’n lang tydperk, vir wonde of ’n mondulkus wat nie wil genees nie en aanhoudende of pynlike sooibrand en slegte spysvertering. Hewige sweet mag moontlik ook rede tot kommer wees.

Wilna van den Heever van Kansa in Modimolle moedig inwoners, wat van die tekens of simptome toon, om mediese raad in te win.

Die Kansa Waterberg-kantoor is in Friedbergweg 38 in Modimolle geleë. Vir navrae skakel tel. (014) 717 3950. Meer inligting is ook beskikbaar op worldcancerday.org en cansa.org.za(.)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button