Home/Galleries/Oor die wenstreep… GalleriesSports galleries Oor die wenstreep… Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg. January 30, 2020 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Laerskool Warmbad het op Donderdag 23 Januarie hul interhuis atletiekbyeenkoms by die skool aangebied. Die atlete en sangers het in drie spanne deelgeneem — die Duikers, Impalas en Klipspringers. Die Duikers was die algehele wenspan met 670 punte, die Impalas tweede met 539 punte en die Klipspringers derde met 483 punte. Op die foto neem ’n paar atlete deel aan ’n hekkies-item tydens die byeenkoms. Die Kwagga-rugbyklub van Bela-Bela is reeds hard aan die oefen vir die komende rugbyseisoen. Die span oefen op Maandae en Woensdae om 18:00 op Hoërskool Warmbad se B-rugbyveld. Belangstellendes kan ook saam deel hê aan goeie kameraderie, spangees en boonop goeie oefening kry. Op die foto is die huidige span en afrigters ná afloop van verlede week se oefening. Vir navrae en borge bel die afrigter, Chris Goosen, by tel. 079 887 4808. Die Hansie-atlete het geskitter tydens Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong se huissport op Vrydag 17 Januarie. Cara Louw was die junior Victrix Ludorum, Yvette Swan die senior Victrix Ludorum, Pieta van Rooyen die senior Victor Ludorum en Zander Law die junior Victor Ludorum. Die Gemsbokspan het die atletiek gewen en die Elande het die sangbeker verower. Die jaarlikse vriendskaplike Nuwejaar-rolbaltoernooi tussen die Warmbad- en Nylstroom-rolbalklubs het op Woensdag 22 Januarie in Modimolle plaasgevind. Tien gemengde spanne, van drie spelers uit elke klub, het twee wedstryde elk gespeel. Die Warmbadklub het vir die tweede agtereenvolgende jaar met die louere weggestap. Op die foto links is Annes Opperman (Nylstroomklub se sekretaris), Herklaas Viljoen (president van die Warmbad-rolbalklub) met die wisseltrofee, en Chris du Plessis (president van die Nylstroom-rolbalklub). You can read the full story on our App. Download it here. January 30, 2020 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print