CrimeNews

Bela-Bela poskantoor weer in visier van boewe

Die Pos­kan­toor in Be­la-Be­la het weer on­der die han­de van diewe deur­ge­loop.

Dit is nog on­dui­de­lik of daar meer as een in­bre­ker was en op wat­ter spesifieke dag die afgelope naweek die in­braak plaas­ge­vind het.

Son­ja Smal­ber­ger, be­stuur­der, het by na­vraag ge­sê die Poskan­toor het se­dert die laas­te in­braak verlede jaar nu­we dief­we­ring laat in­stal­leer om boos­doe­ners uit te hou, maar dit het hulle nie afgeskrik nie.

Die vens­ter aan die agterkant van die gebou waar­deur die diewe die vorige keer ingebreek het, is weer be­ska­dig en die nu­we dief­we­ring is oop­ge­buig om toe­gang tot die ge­bou te kry, het sy ge­sê.

Die ver­dag­te(s) het hul weg ge­vind na die stoor­ka­mer waar al die klei­ner pos­stuk­ke ge­stoor word en het al die pak­kies oop­ge­skeur en die in­houd daar­van ge­buit.

Sers. Frans Ma­pon­ya, po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê die waar­de van die ge­steel­de i­tems be­loop on­ge­veer R1 800 en die po­li­sie on­der­soek ’n saak van huis­braak en dief­stal.

Hoewel Smal­ber­ger ver­moed die in­braak is deur die­self­de ver­dag­te(s) as verlede jaar ge­pleeg, kon die po­li­sie dit nie be­ves­tig voordat die ondersoek afgehandel is nie.

Kliën­te wat pos­stuk­ke ver­wag, word aan­ge­raai om die pos­kan­toor te be­soek en eisvorms te voltooi. In­dien hul­le deur koe­rier­on­der­ne­mings, soos byvoorbeeld Wish, i­tems aangekoop het en die aankope by die poskantoor afgehaal moet word, moet hulle bewysstukke van aankope na die polisie neem waar hulle ’n saak van diefstal kan open. Die saak moet ook met die koerier­onderneming opgeneem word, het Smal­ber­ger ge­sê.

Related Articles

Back to top button