CrimeNews

Skelms probeer diesel met vals bankstate steel

“Die bestuurder het sy trok aan die gang ge­kry deur drade te koppel en weg­ge­jaag ter­wyl ek die sleu­tels nog in my hand ge­had het.”

’n Hele paar sake van bedrog is in Desember in Bela-Bela aangemeld.

Tydens een van die voorvalle het ’n ver­dagte op­ Maan­dag 30 De­sem­ber gepoog om brand­stof by die Bos­veld Die­sel-vul­stasie te steel.

Drum­mond Ham­mond, eie­naar, het ge­sê iemand het dié dag ge­bel en 2 000-liter brand­stof aan­ge­vra.

Die ver­dag­te, wat vlot Afrikaans gepraat het, het be­weer die brand­stof is vir ’n kon­trak­teur wat op die R101-pad in die Ham­man­skraal-om­ge­wing be­sig was met in­stand­hou­dings­werk, het Ham­mond ge­sê.

Die ver­dag­te het be­loof om die geld elektronies oor te plaas en het selfs ’n be­wys van be­ta­ling per e-pos aan Hammond ge­stuur. Ham­mond het dié optrede verdag gevind aangesien die mees­te pad­kon­trak­teurs toe reeds gesluit was vir die Desember-vakansie.

’n Man het la­ter die dag met ’n Toyota-trok met twee tenks ag­ter­op by die vul­sta­sie op­ge­daag.

Vol­gens Ham­mond het hy ’n e-pos ont­vang met bewys van betaling vir die brand­stof, maar na­dat hy die oorbetaling deur die bank laat na­gaan het, het die bank bevestig dat daar fout is met die be­son­der­he­de.

Die per­so­neel van die onderne­ming het snuf in die neus ge­kry en die po­li­sie ge­ska­kel.

“Ons het die trok­dry­wer, wat geen vorm van i­den­ti­fi­ka­sie of ’n voer­tuig­li­sen­sie ge­had het nie, ge­vra om te wag tot­dat die oorbetaling deur die bank bevestig is. Ons het die man wat ge­bel het weer ge­kon­tak en hy het b­elof­tes ge­maak dat hy dadelik die fout sou regstel. Net om vei­lig te speel, het ons die trok­bestuur­der se sleu­tels ge­vat,” het Ham­mond ge­sê.

“Ek was skaars te­rug in die kan­toor toe ek hoor hoe ’n trok weg­jaag. Die bestuurder het sy trok aan die gang ge­kry deur drade te koppel en weg­ge­jaag ter­wyl ek die sleu­tels nog in my hand ge­had het.”

Die per­so­neel het die man ag­ter­na ge­sit en tot in die town­ship ag­ter­volg waar hul­le die trok verlate in Se­la­mo­le­la­straat ge­vind het. Die po­li­sie is weer ge­kon­tak en by hul aankoms was die bestuur­der skoon­veld.

Die trok is deur die po­li­sie ge­skut en ’n saak van be­drog word on­der­soek.

Ham­mond sê hierdie is dieselfde mo­dus o­pe­ran­di as dié van die sin­di­kaat wat vul­sta­sies regoor die land reeds ge­rui­me tyd tei­ken.

Sy raad is om nie haas­tig te wees met trans­ak­sies nie en om el­ke in­ter­net­be­ta­ling eers met die bank uit te klaar.

  • Daar is ook twee an­der be­drog­voor­val­le in Desember aangemeld waar men­se uit hul eien­dom of geld ge­kul is. Die sake hou verband met die aan­koop en ver­koop van voer­tui­e.Vol­gens kapt. An­ne­ma­rie Smith, speur­tak­hoof, het ’n plaas­li­ke ko­per on­langs ná onder­hande­linge der­dui­sen­de ran­de na ’n re­ke­ning oor­ge­plaas om ’n voer­tuig te koop wat op ’n web­tuis­te geadverteer is. Daar is aan hom beloof dat die voertuig afgelewer sou word, maar dit blyk hy is sy geld én voertuig kwyt.In nog ’n saak is ’n plaas­li­ke voer­tuig­eie­naar ge­kon­tak deur ie­mand wat sy voer­tuig wou koop.

    ’n Ver­dag­te het die ver­ko­per ont­moet en die voer­tuig na­ge­gaan. Die ko­per het be­lof­tes ge­maak om die geld oor te be­taal, maar die eie­naar het steeds geen in­be­ta­ling ont­vang nie en is ook sy voer­tuig kwyt, het Smith ge­sê.

    Die po­li­sie waar­sku men­se om nie vir hier­die slen­ters te val nie.

Related Articles

Back to top button