LettersOpinion

Lesufi se aanlynplasingstelsel skep chaos vir skole

Daar is tans steeds dui­sende Gau­tengse leer­ders wat nog nie geplaas is nie weens die ont­settende ad­ministra­tiewe romp­slomp wat geskep is deur Panyaza Lesufi, Gau­tengse LUR vir onder­wys, se aan­lyn­plasing­stelsel.

Adv. Anton Alberts, Vry­heids­front Plus (VF Plus): nasio­nale voor­sitter en lid van pro­vin­siale wet­gewer: Gau­teng, skryf:

Die VF Plus eis dat die Gau­tengse aan­lyn­plasing­stelsel vir skole on­middellik afge­skaf moet word.

Daar is tans steeds dui­sende Gau­tengse leer­ders wat nog nie geplaas is nie weens die ont­settende ad­ministra­tiewe romp­slomp wat geskep is deur Panyaza Lesufi, Gau­tengse LUR vir onder­wys, se aan­lyn­plasing­stelsel.

Daar heers groot onse­ker­heid onder die onge­plaaste leerders en hul ouers oor of hulle in die kor­rekte skole geplaas sal word aange­sien pla­sings volgens die Gau­tengse onder­wys­departe­ment eers teen Woens­dag afge­handel sou wees.

Die stelsel is ’n skepper van chaos en daar moet terug­gekeer word na die vorige bede­ling waar ouers self by skole aan­soek kan doen vir die pla­sing van leer­ders.

Die VF Plus is daar­van oor­tuig dat die stel­sel nie na behore funk­sioneer nie en geskep is met die doel om Afri­kaanse skole se demo­grafie deur middel van kuns­ma­tige manipu­lasie te ver­ander en so­doende die skole se Afri­kaanse karak­ter te ver­nietig.

Die VF Plus het daar­om besluit om te vra dat die stel­sel deur die Open­bare Besker­mer (OB) onder­soek moet word en het ’n klagte daaroor by die OB inge­dien.

Die VF Plus het ver­lede jaar ook indrin­gende skrifte­like vrae oor die stel­sel in die Gau­tengse wet­gewer aan Lesufi en sy departe­ment gerig. Die vrae is nie beant­woord nie en die party sal dit daar­om vanjaar weer in­dien.

Die VF Plus sal vanjaar verskeie aksies loods om die skool­stelsel in Gau­teng te ver­beter en Lesufi se politieke invloed te neutra­liseer.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button