Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Susan Gomes van Bela-Bela en lid van Mabalingwe se VLU-tak was die gelukkige wenner van hierdie pragtige handviltmasjien wat uitgeloot is deur die VLU-Noordstreek. Die prys is tydens die laaste maandvergadering aan haar oorhandig.

 

Die VLU se Mabalingwe-tak het hul nuwe bestuur vir 2020 bekend gemaak. Op die foto is Erica de Beer (skakelbeampte), Nici van der Merwe (beoordelaar) en Kitty Bodenstein (voorsitter). Agter staan Denise Shaw (tesourier) en Magda Vos (sekretaresse).

 

Die Pos se Bela-Bela-kantoor het op Dinsdag 7 Januarie ’n nuwe Pos-baba verwelkom toe klein Luan Barnard gebore is. Pa Lesley is ’n advertensiewerwer en uitlegkunstenaar by Die Pos en sy vrou, Juanita, werk by Numeri Rekenmeesters in die dorp. By hulle is ouboet Jandré (2).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button