LettersOpinion

Vuurwerke moet verbied word, vra leser

Die vraag ont­staan hoekom dit toegelaat word dat hierdie vuur­werke in die middel van die dorp, naby ouete­huise en ander open­bare plekke, afgevuur word sonder dat enige stappe teen die oor­treders gedoen word.

Inwoner wat omgee, Bela-Bela, skryf:

Dit is met uiterste mis­noeë dat ek hierdie brief skryf met betrek­king tot die vuur­werke wat op Oujaars­dag afge­vuur is.

Ek verwys na die wet op diere­besker­ming, asook die “Explosives Act No. 26 of 1956”. Hierin word gespesi­fiseer dat daar besliste bepa­lings en toestem­mings vereis word om vuur­werke af te vuur.

Die vraag ont­staan hoekom dit toegelaat word dat hierdie vuur­werke in die middel van die dorp, naby ouete­huise en ander open­bare plekke, afgevuur word sonder dat enige stappe teen die oor­treders gedoen word. Gebruikte vuur­werk­afval het op Woens­dag­oggend 1 Januarie orals in die strate en buite sekere sake­onder­nemings, wat bekend is vir die verkoop van vuur­werke, gelê.

Die erge trauma wat diere in die dorps­gebied ervaar het, is bekend. Ek praat nie eens van die diere wat alleen was terwyl hul eie­naars met verlof was nie. Ek wonder of enigeen wat vuur­werke af­vuur al ooit gaan kyk het na die verskrik­like bese­rings van diere wat deur drade en selfs vensters spring om te vlug van die geweldige geraas van hierdie mens­ge­maakte gemors?

As jy bewus is van die lyding van so ’n dier, is dit werk­lik nodig dat jy die direkte oorsaak daarvan moet wees of gee jy regtig nie om nie? Wat van die diere in die plaas­like diere­tuin wat vasge­vang is in hokke? Kan jy jouself die trauma van die arme diere voor­stel?

Wat van die diere in die talle natuur­reser­vate in ons omge­wing?

En hoekom word daar geen stappe gedoen teen die­gene wat hierdie regu­lasies openlik oortree nie?

Ek wonder of ek die enigste een is wat só sterk hier­oor voel. Dit is hart­ver­skeu­rend om die lyding van diere te sien. Dit kan slegs verander as die mense in beheer die regte besluite neem.

Related Articles

Back to top button