Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Daar is nog ’n hele paar aktiewe Gelofte­fees­komitees in die Water­berg-omge­wing. Die nuut­verkose Warmbad Gelofte­fees­komitee is onlangs aange­kondig. Voor is Johan Mills, Reint van de Pol (voor­sitter) en Hennie Ludik. Agter staan Louwrens Kotzé, ds. Bernard Hattingh, ds. Theuns Kriek en Arnaud le Roux. Ds. Neels van Tonder was afwe­sig met die neem van die foto.

 

Die per­so­neel van die Warm­bad Rus­oord het op Woens­dag 11 De­sem­ber hul jaar­lik­se Kersete vir in­wo­ners ge­hou. Die in­wo­ners is met kos uit die boons­te rak­ke, drink­goed en lek­ker sjo­ko­la­de be­derf. Op die fo­to word die in­wo­ners deur die per­so­neel be­dien.

 

Warmpatat: Die vul­lis op die hoek van Lu­dorf- en Grob­ler­straat in Be­la-Be­la word tot inwoners se afgryse weekliks meer. Een in­wo­ner het aan Die Pos gesê sy het die af­ge­lo­pe vakansie pri­vaat diens­te be­taal om dié hoek ge­reeld skoon te hou. Volgens haar het sy onder meer ’n dooi­e kat en ’n dooi­e hoen­der tussen dié klomp vullis gevind. Dié foto is op Dinsdag 7 Januarie geneem.

 

’n Ba­ie spe­sia­le Bullmastiff van Be­la-Be­la, Honey Dynasty Cosmo Maxwell, het in De­sem­ber ty­dens die Cape Bullmastiff-klub­by­een­koms as die na­sio­na­le hon­de­kam­pioen weg­ge­stap. Max­well se te­ler, Viola Grin­barte, is as die hon­de­te­ler van die jaar aangewys. Max­well is ge­teel deur die hon­de­te­lers, Ikang­wa, waar­van An­dré Cor­dier, plaas­li­ke sa­ke­man, die stig­ters­lid is. Max­well het in Fe­brua­rie 2019 aan skou­e be­gin deel­neem en was ses maan­de la­ter ’n kam­pi­oen, waar­na meer ti­tels ge­volg het. Max­well is ook uit­ge­nooi om aan vanjaar se Crufts-hon­de­skou in Enge­land deel te neem.

 

Hierdie olyf­­lyster, wat alge­meen in die Water­berg voor­kom, is ’n vinding­ryke ma. As die goggas te min is om haar kleintjies te voed, is daar altyd Wagter se honde­pille wat ’n ryk bron van proteïne is. Herman Steyn, Die Pos se fotograaf, het dié foto in die woonbuurt van Bela-Bela geneem.

 

Lede van die Warmbad-fotografieklub is tydens die klub se jaarafsluiting met sertifikate van verdienste vir buitengewone prestasies beloon. Op die foto is Alma Hoon (fotograaf van die jaar), Jan Pelser (mees toegewyde fotograaf) en Kathleen Stevens (beste vordering).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button