LettersOpinion

Be­las­ting­be­ta­lers kry maar min waarde vir hul geld

Sowat 5% van Bela-Bela se in­wo­ners dok vir al­le uit­ga­wes en ver­lie­se op, maar kry maar min in ruil daarvoor.

Charles We­ber, Be­la-Be­la, skryf:

Die fun­da­men­te­le doel van be­las­ting wat deur in­wo­ners be­taal word, is dat die no­di­ge geriewe deur die mu­ni­si­pa­li­teit ver­skaf en in stand ge­hou moet word.

Wan­neer daar maar net in Ro­bert­son­ry­laan be­weeg word, sal lesers op­merk dat lamp­pa­le se e­lek­trie­se be­dra­ding heeltemal oop ge­laat word na­dat daar­aan gewerk is. Dit is ’n groot ge­vaar vir kin­ders wat el­ke dag daar ver­by­be­weeg.

Ver­der word die pad­ver­keer van­af Al­ma nie deur enige spoed­grens be­heer nie.

Mo­to­rry­ers jaag die dorp teen ’n hoë spoed in en skep ’n groot gevaar vir voet­gangers en ander padge­bruikers. Hier­die pro­bleem is on­ge­veer twee jaar ge­le­de on­der die aan­dag van die mu­ni­si­pa­li­teit ge­bring. Spoed­wal­le is goed­ge­keur en daar is daar­voor be­groot, maar tot dus­ver is dit nog nie aange­bring nie. Som­mi­ge paai­e is in ’n hag­li­ke toe­stand.

Sowat 5% van Bela-Bela se in­wo­ners dok vir al­le uit­ga­wes en ver­lie­se op, maar kry maar min in ruil daarvoor. Die mu­ni­si­pa­li­teit sal sy sokkies moet optrek as hy ­die dorp, wat nog b­aie meer va­kan­sie­gang­ers kan lok, wil aanhou bestuur.

Die tyd het aan­ge­breek dat be­las­ting­be­ta­lers hul stem begin dik maak oor hoe hul geld bestee word.

Related Articles

Back to top button