LettersOpinion

Boe­re moet sorg dat hulle dié Kers­tyd paraat is

Boe­re moet pa­raat wees en hul­self weer­baar maak.

Jan van Nie­kerk, VF Plus Vry­staat­se pro­vin­sia­le lei­er, skryf:

Die on­lang­se plaas­aan­val­le in Ven­ters­burg en Bult­fon­tein in die Vry­staat be­klem­toon die nood­saak vir meer doel­tref­fende lan­de­li­ke be­vei­li­ging.

Die on­lang­se lan­de­li­ke vei­li­gheids­plan wat deur die re­ge­ring be­kend­ge­stel is, moet daad­werk­lik ge­ïm­ple­men­teer word en nie net by lip­pe­taal bly nie.

Die VF Plus ver­oor­deel al­le moord en ge­weld in Suid-Af­ri­ka, maar veral ge­weld op die land­bou­ge­meen­skap weens die weer­loos­heid van lan­de­li­ke ge­meen­skap­pe.

Dit is be­treu­rens­waar­dig dat land­bou­ers hulle moet be­kom­mer oor hul vei­lig­heid te mid­de van een van die erg­ste droog­tes wat Suid-Af­ri­ka in ja­re be­leef.

Die VF Plus doen ’n be­roep op boe­re om hul­self, hul ge­sin­ne en plaas­wer­kers ver­al in die ko­men­de Kers­tyd te be­vei­lig om­dat dié soort mis­daad in hierdie tyd­perk toe­neem. Boe­re moet pa­raat wees en hul­self weer­baar maak.

Die VF Plus het nog al­tyd erns ge­maak met plaas­aan­val­le en be­y­wer hom om vol­ge­hou­e druk op die re­ge­ring te plaas om plaas­aan­val­le as prio­ri­teits­mis­daad te ver­klaar.

Die VF Plus wens al­le be­trok­ke­nes en hul ge­sin­ne ’n spoe­di­ge en vol­ko­me her­stel toe en sal die no­di­ge hulp ver­leen om te ver­se­ker dat die skul­di­ges op­ge­spoor en ver­volg word so­dat ge­reg­tig­heid ge­skied.

Related Articles

Back to top button