Maak seker van die korrekte oliegraad
Die soort olie wat voertuie aan die gang moet hou, kan ’n groot verskil maak.
Die soort olie wat voertuie aan die gang moet hou, kan ’n groot verskil maak.
Olie word geklassifiseer volgens ’n skaal wat gegrond is op die vloeistof se weerstand teen vloei.
Olieklasse se eerste syfer dui op die weerstand teen vloei by 0ºF. Die W staan vir winter. Die tweede syfer is die weerstand teen vloei gemeet teen 100º C.
Hoe hoër die getalle, hoe “dikker” is die olie. Dun olie is nodig om vinnig te versprei onder lae temperature sodat alle dele van die enjin voldoende smering kan kry.
Weerstand teen vloei by hoër temperature is nodig sodat olie langer teen die oppervlaktes kleef om ook voldoende smering te bied.
Raadpleeg altyd ’n voertuig se handleiding om te verseker dat die regte graad olie gebruik word.
Wanneer verskeie grade aanbeveel word, behoort die “dikker” olie gebruik te word omdat ons in ’n warm omgewing woon. Voertuie wat reeds baie kilometer gery het, kan baat by ’n olie wat as high milage bemark word. Hierdie olies spog gewoonlik met hoë viskositeit en het bymiddels wat seëls herstel.
- Paul Smith is ’n motorliefhebber, gesinsman en eienaar van die Spur in Bela-Bela.