Lifestyle

Gaan voertuig na voor lang rit­te

Met die va­kan­sie op han­de sal dui­sen­de mo­tor­ry­ers die lang­pad vir ’n weg­breek of fa­mi­lie­kui­er aan­durf.

Ba­ie voer­tuig­eie­naars laat hul voer­tuie voor so ’n lang rit diens, maar ’n deeg­li­ke in­spe­ksie moet ook uit­ge­voer word.

Som­mige werk­tuig­kun­di­ges het die swak ge­woonte om ty­dens ’n diens slegs die o­lie en fil­ters te ruil.

Daar is eg­ter ’n lang lys dinge wat na­ge­gaan moet word. Voer­tuig­eie­naars word aan­ge­raai om daarop aan te dring dat werk­tuig­kun­diges deur ’n ske­du­le werk en ’n deeg­li­ke in­spek­sie van die voer­tuig doen.

Die vol­gen­de moet ge­reeld en ver­al voor lang rit­te na­ge­gaan word:

  • Vloei­stofvlak­ke, o­lie, rem­vloei­stof en ver­koe­ler­vlak­ke moet na­ge­gaan word. In­dien ver­koe­ler­vlak­ke ge­reeld te laag is, be­te­ken dit dat die vloei­stof êrens die sis­teem ver­laat. Die sis­teem moet deeg­lik na­ge­gaan word vir lek­ke, aan­ge­sien te min ver­koe­ler­vloei­stof tot oor­ver­hit­ting of ’n ge­bars­te ver­koe­ler kan lei.
  • Va­kan­sies be­gin dik­wels met ’n vroeë og­gend­­rit en daar­om moet die lig­te be­kyk word.
    Maak se­ker die lig­te werk be­hoor­lik en is reg ge­stel. Rem­lig­te wat ou­er lam­pe ge­bruik se le­wens­duur is re­de­lik kort.
  • Spuit wa­ter op die voor­ruit en kyk of die ruit­veërs be­hoor­lik werk. Bestee eerder geld op goeie gehalte veërs as om le­wens te waag.
  • Ban­de en wie­le is baie belangrik. Die ban­de se druk moet ge­reeld na­ge­gaan word, maar kyk ook na die loop­vlak van die ban­de. Is daar vol­doen­de loop­vlak, is daar ska­de, glad­de op­per­vlak­tes of on­ge­ly­ke de­le? Moe­nie die spaar­wiel ver­geet nie.
  • As ’n mo­tor skuins trek indien die rem getrap word, kort dit dring­end aan­dag. Rem­blok­ke moet na­ge­gaan en ver­vang word.
  • Krag word met be­hulp van ’n belt op­ge­wek en die ver­koe­ler­vloei­stof se sir­ku­la­sie maak op die belt staat. ’n Ge­bree­kte belt kan ’n mo­tor bin­ne ’n kort af­stand on­klaar maak.
  • Ont­hou om ge­reeld stil te hou. Ge­bruik ook dié ge­leent­heid om die voer­tuig na te gaan.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button