Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Die Kokanje-aftreeoord se sosiale klub het op Vry­dag­aand 29 November hul Kers­afsluiting gehou met Ansie van Niekerk op die klavier as be­geleier. Die sangers was die for­midabele Cantabile Trio wat bestaan uit Yvonne Lom­baard, Schalk Vorster en George Linde. Dirk Venter, met sy diep bas­stem, was die gas­kunstenaar. Daar is ook tydens die geleent­heid afskeid geneem van Maureen Neethling wat 18 jaar Kokanje se sosiale klub bestuur het en nou so ’n bietjie gaan “aftree”. Die aand was ’n reuse­sukses met nie plek vir ’n muis in die saal nie. Op die foto is Linde, Neethling, Lombaard, Van Niekerk en Venter. Vorster staan agter. 

Lifestyle Ministries in Be­la-Be­la het op Sa­ter­dag 30 No­vem­ber ’n mark­dag ge­hou om geld in te sa­mel vir hul nu­we kerk­ge­bou. Be­soe­kers kon smul aan lek­ker kos en deur ’n ver­skei­den­heid i­tems by die ver­skil­len­de stal­le­tjies snuf­fel. Die vol­gen­de mark­dag word in Fe­brua­rie 2020 ge­hou. Op die fo­to is Na­dia, The­re­sa en John Ed­mond by hul snuf­fel­ta­fel ty­dens die mark­dag.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button