CrimeNews

Wees baie ver­sig­tig vir bank­be­drog

Van Blerk het la­ter ’n op­roep van Absa-bank se be­drogtak gekry, waarna aan hom gesê is dat iemand vier keer op dié dag probeer het om geld uit sy re­ke­ning te trek.

Jan van Blerk, bekende Son­skyn­dorper en lid van die Bos­veld-jag­ters­ver­e­ni­ging se Wa­ter­berg-­tak, was ver­le­de week am­per ’n slag­of­fer van bedrieërs.

Van Blerk het aan Die Pos gesê hy het op Dins­dag 19 No­vem­ber ’n in­ko­pie­spaar­kaart by ’n be­ken­de ket­ting­win­kel by die Bela Mall uit­ge­neem en la­ter die dag ’n ver­dag­te op­roep ont­vang.

“Die man het my ge­vra om die laas­te paar nom­mers ag­ter­op my kre­diet­kaart aan hom te ver­skaf om­dat daar glo ver­moed is dat ie­mand geld uit my bank­re­ke­ning wou steel. Ek het aangehou ­wei­er, selfs al het die man my aan­hou­dend bly ­bel.”

Van Blerk het la­ter ’n op­roep van Absa-bank se be­drogtak gekry, waarna aan hom gesê is dat iemand vier keer op dié dag probeer het om geld uit sy re­ke­ning te trek.

Van Blerk het ge­sê hy het die ver­dagte per­soon, wat van ’n sel­foon­ gebel het, pro­beer te­rug­bel, maar die foon het el­ke keer di­rek na stem­pos oorge­gaan.

Ab­sa het Van Blerk se re­ke­ning geblokkeer en ’n nu­we kaart aan hom uitgereik.

“Dit is vir my baie ver­dag dat ek die Dins­dag my per­soon­li­ke de­tail aan die ket­ting­win­kel moes ver­skaf om die spaar­kaart te kry en u­re la­ter kry ek hier­die ver­dag­te op­roe­pe. Ek ver­moed dat my in­lig­ting vanaf die be­trok­ke win­kel uit­gegee is en in die verkeerde han­de beland het.”

Die Pos het ’n na­vraag na die win­kel se hoof­kan­toor ge­stuur en daar is aan ons gesê dat die saak on­der­soek sal word.

’n Woordvoerder van die Bela-Bela-polisie het by navraag gesê mense moet dié tyd van die jaar lig loop vir skurke.

In­wo­ners word aan­ge­raai om e­ni­ge ver­dag­te bedrywighede by die po­li­sie aan te meld.

  • Die Pos het ook onlangs berig oor skelms wat bank­kliënte bel en dan juis voor­gee dat hulle van die betrokke bank se “bedrog­afde­ling” is. Hulle versin dan aan kliënte die storie dat iemand glo aan­hou­dend probeer om geld uit hul rekenings te onttrek en lok dan mense op dié manier uit om hul besonder­herde te verskaf sodat hulle die kaart kastig kan stop. Sodra mense hulle pinnom­mers verskaf, is dit neusie verby. Mense word gewaarsku dat géén bank­ampte­naar ooit oor die telefoon sal vra dat mense pin-nommers aan hulle verskaf nie.

Related Articles

Back to top button