MunicipalNews

Munisipaliteit besoek inwoners oor krag

Die munisipaliteit is besig met ’n regrukpoging om hul elektrisiteitsverskaffing en geldinvordering te verbeter.

Die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit loods ’n reuseveldtog gedurende die naweek van 30 November tot 1 Desember om akkurate inligting van al die konvensionele residensiële kragverbruikers in te samel.

Die munisipaliteit is besig met ’n regrukpoging om hul elektrisiteitsverskaffing en geldinvordering te verbeter. Die munisipaliteit skuld miljoene aan die kragverskaffer Eskom en is al herhaaldelik gewaarsku dat die kragtoevoer afgesny gaan word.

Volgens Marlene van Staden, burgemeester, sal sowat 40 personeellede die woongebiede invaar om met inwoners te gesels. Hulle word bygestaan deur senior personeel. “Tydens die huis-tot-huisbesoeke sal metings en klante-verwante inligting direk op ons stelsel gelaai word.

Ons het die veldtog spesiaal oor ’n naweek gereël sodat ons ’n beter kans het om inwoners tuis te kry,” het sy gesê.

Die veldtog is nie van toepassing op huishoudings met voorafbetaalde kragmeters nie.

“Ons vra verskoning dat ons ’n skatting moes maak vir vorige elektrisiteitsrekenings, maar binnekort sal skattings iets van die verlede wees,” het Van Staden gesê.

“Met almal se samewerking kan ons verseker dat lesings en rekeninge van nou af meer akkuraat is en dat ons die munisipaliteit se elektrisiteitsdiens aanhou verbeter.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button