LettersOpinion

Gebruik water steeds spaarsaam

Ons het ge­bid, ge­smeek en ge­vra en ons ge­be­de is ver­hoor.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Drup­pels wat weer van kran­se en rot­se neer­stort, her­in­ner aan die tra­ne van wan­hoop wat oor wange gevloei het weens die af­ge­lope tyd se droog­te.

Nou is die Wa­ter­berg weer die Wáter­ber­ge.

Ons het ge­bid, ge­smeek en ge­vra en ons ge­be­de is ver­hoor. Mens en dier juig en ju­bel.

Bo­me en strui­ke wat geen te­ken meer van le­we ge­toon het nie, het ont­waak en be­groet ons met hul blom­me­prag. In kam­pe langs paaie is die­re reeds besig om aan die groen lo­wer te smul. Die af­ge­lo­pe tyd se reënval het weer lewe en hoop ge­bring. Ons sê dan­kie vir die uit­koms ter­wyl ons plek­ke waar boor­gate op­droog en geen wei­ding oor is nie op­dra aan Hom wat op Sy tyd uit­koms sal bring.

Ont­hou eg­ter as­se­blief dat die op­gaar­dam­me nog steeds leeg is en wa­ter steeds spaar­saam ge­bruik moet word.

Related Articles

Back to top button