LettersOpinion

ANC-re­ge­ring se groot­ste mis­luk­king

Dit wys die ANC is hoe­ge­naamd nie in staat om op e­ni­ge vlak te re­geer nie.

Wou­ter Wes­sels, VF Plus-LP en hoof­woord­voer­der van fi­nan­sies, skryf:

Suid-Af­ri­ka se mu­ni­si­pa­li­tei­te is die ANC-re­ge­ring se en­ke­le groot­ste mis­luk­king.

On­ge­ag of ’n gel­de­li­ke toe­ken­ning di­rek of in­di­rek aan mu­ni­si­pa­li­tei­te toe­ge­ken word, dit word nie aan­ge­wend vir die reg­te doel nie.

Al­le toe­ken­nings is aan­vank­lik di­rek aan de­par­te­men­te of mu­ni­si­pa­li­tei­te be­taal wat dit moes aan­wend vir ’n spe­si­fie­ke doel soos in­fra­struk­tuur. Dit het mis­luk. Fond­se is wan­be­stee of vir ’n an­der doel soos sa­la­ris­se aan­ge­wend.

Daarna is toe­ken­nings na ’n in­di­rek­te betaalwy­se om­ge­ska­kel waar de­par­te­men­te of die na­sio­na­le te­sou­rie die be­ta­lings self moes be­har­tig. Nou on­der­be­stee selfs die na­sio­na­le de­par­te­men­te daar­die fond­se.

Dit wys die ANC is hoe­ge­naamd nie in staat om op e­ni­ge vlak te re­geer nie.

Be­ne­wens die ge­brek aan be­plan­ning, uitvoe­ring en kun­dig­heid, is daar ver­al ’n ge­brek aan ver­ant­woord­baar­heid. Daar is bykans geen op­tre­de teen amp­te­na­re wat steel, wan­be­stee en ver­kwis nie.

Een van die hoof­re­des vir die regering se geld­pro­ble­me is sy bui­ten­spo­ri­ge sa­la­ris­re­ke­ning. Dié is die e­nig­ste wy­se van be­ste­ding waar­mee die ANC goed is, maar wanneer dit kom by be­ste­ding op diens en in­fra­struk­tuur om die e­ko­no­mie te laat groei, is die re­ge­ring nie in staat om dit te doen nie.

Die op­los­sing is on­ge­luk­kig nie so mak­lik as om uit­staan­de skuld in te vor­der nie. Men­se raak ar­mer weens die ag­ter­uit­gang van die e­ko­no­mie. Sa­ke­on­der­ne­mings, ver­al op die plat­te­land, suk­kel.

Die fo­kus moet eer­der verskuif na die skepping van om­stan­dig­he­de waar­in die e­ko­no­mie kan groei.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button