Local newsNews

Vroue reik helpende hand uit

’n Groep vroue van die VLU se Nylstroom-tak het die jaar op ’n hoë noot tydens hul laaste vergadering afgesluit.

Die vroue het ’n maroelaboom, wat die boom van die jaar is, by die Abraham Kriel-kinderhuis voor Huis Maroela geplant. Dié huis versorg voorskoolse kinders en babas.

Stephan Klopper het die vroue meer oor die werksaamhede van Klub Helpmekaar vertel. Die hoeveelheid mense in nood in die dorp groei baie vinnig en volgens hom is dit ’n groot uitdaging om donasies en kosskenkings te kry om te verseker dat almal iets te ete het. Die klub het ongelukkig van hul borge verloor en vra die gemeenskap om hulp.

 

Stephan Klopper van Klub Helpmekaar het tydens die VLU Nylstroom-tak se laaste vergadering vir die vroue van die klub se werksaamhede vertel. Hy het gevra dat die gemeenskap die klub ondersteun omdat die nood in die dorp styg en dit moeilik is om donasies en kosskenkings te kry.

 

Die kleuters van gesinne wat in nood verkeer, word verplig om gr. R-klasse by te woon sodat hulle nie later op skool sukkel om te lees en skryf nie, het hy vertel.

Elsa du Plessis, skakelbeampte van die tak, het gesê die organisasie het met elke vergadering geld en niebederfbare produkte vir Klub Helpmekaar ingesamel.

Die VLU vergader aanstaande jaar weer op Vrydag 24 Januarie wanneer die miniskou gehou word.

Belangstelledens kan vir Elsa du Plessis bel by tel. 082 707 9506.

Related Articles

Back to top button