Home/Galleries/Boekevat en kekkelbekke GalleriesSchools galleries Boekevat en kekkelbekke Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers. November 28, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Laerskool Nylstroom se gr. 7-leerders het ’n praktiese afskeidsgeskenk aan die skool gegee om dankie te sê vir sewe jaar van lekker sport, leer en speel. Die idee was om iets te gee wat kan help om die skool ’n nog mooier en beter plek te maak. Die skool het ’n kunsmisstrooier om die grasperke te bemes benodig en die gr. 7-ouers het bygedra tot die aankoop daarvan. Op die foto is die trotse groep by die kunsmisstrooier. Kerskonsert is harde werk! Dié leerders van Kleuterskool Bosveldspruitjies in Bela-Bela het op Donderdag 21 November ’n Kersspelopvoering op die planke gebring. Al was daar ’n paar aansteeklike gape tussenin, het die adrenalien weer gevloei toe Kersvader in ’n viertrekvoertuig by die skool opgedaag het om geskenke af te lewer. Die Vroue van Waarde-liefdadigheidsorganisasie (WOW) het op Vrydag 15 November geskenkpakke aan 71 behoeftige leerders van Laerskool en Hoërskool Warmbad oorhandig. Die bokse het onder meer skryfbehoeftes, toiletware en klere ingesluit en is moontlik gemaak danksy verskeie donateurs uit die gemeenskap. Op die foto is Tinus van der Heever (ondervoorsitter van Hoërskool Warmbad se beheerliggaam), Petro Bothma en Franci van Heerden van WOW en Paul Liddle (hoof van Hoërskool Warmbad). You can read the full story on our App. Download it here. November 28, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print