Local newsNews

Wen met ’n pakkie mooi toegedraaide koekies

’n Groep vroue in Modimolle het ’n projek geloods om die Kersseisoen vir bejaardes op te kikker.

Inwoners word genooi om deel te neem aan ’n kompetisie waar die wenner wat die mooiste toegedraaide pakkie koekies ingegee het, ’n prys ter waarde van R150 kan wen. Die vroue se mikpunt is om genoeg koekies in te samel sodat elke inwoner van die Waterberg Residentia-ouetehuis, Ons Hoop-ouetehuis en Kokanje-aftreeoord se versorgingseenheid ’n pakkie vir Kersfees kan kry.

“Die koekies kan tuisgebak of winkelkoekies wees. Indien suikervrye koekies geskenk word vir diabete, vra ons dat dit asseblief so op die pakkie aangedui word,” het Alberta van Jaarsveld gesȇ.

Die pakkies kan tot Dinsdag 10 Desember by Hunky Dory (langs NTK) in Modimolle afgegee word.

Vir navrae, bel vir Van Jaarsveld by tel. 076 812 0282.

Related Articles

Back to top button