CrimeNews

Booswigte laat karkasse en verminkte diere agter

Vee­die­we het ’n boer van Mook­go­phong groot ska­de be­rok­ken na­dat hul­le van die bees­te op sy plaas met ’n byl af­ge­maai het.

Hen­drik van der Mer­we, wat ja­re lank in die om­ge­wing boer, het op Don­der­dag 14 No­vem­ber sy 32ste bees in twee jaar op dié manier ver­loor.

“Die ska­de wat hul­le Woens­dag aan­ge­rig het, beloop so­wat R45 000,” het hy moe­de­loos ge­sê.

Volgens hom het die vee­die­we al op Maan­dag­­nag 4 No­vem­ber pro­beer om van sy die­re te steel of dood te maak.

Die bees­te wat in ’n kraal ge­jaag is, het ge­luk­kig uit­ge­breek, maar op Maan­dag 11 No­vem­ber het hy op­ge­merk dat die dra­de weer ge­knip is.

Drie bees­te is op Don­der­dag 15 No­vem­ber in die veld ge­vind met strik­ke om hul nek­ke. Een van die bees­te het ’n kap­wond aan die kop ge­had.

Die wer­kers het ná ’n ruk laat weet dat nog ’n bees by die kraal ge­vind is. “Ek het drie drag­ti­ge koeie daar dood gevind.

By een van die die­re is net ’n blad en boud af­ge­sny. Die een koei was swaar drag­tig en sou bin­ne twee we­ke ge­kalf het,” het hy ge­sê.

Al drie die die­re is waar­skyn­lik met ’n byl dood­ge­kap. Van der Mer­we en boe­re wat hom kom help het, het die drie vee­die­we se spo­re ge­volg tot by die N1-snel­weg, oor die trein­spoor tot by die township.

Daar is eg­ter niks by die huis gevind waar die spo­re geëin­dig het nie.

Vol­gens Van der Mer­we is drie on­be­ken­de mans op Vry­dag 15 No­vem­ber in ’n skuur by sy huis op­ge­merk.

Hul­le het laat spaan­der, maar die spo­re wat hy ge­volg het, het nie oor­een­ge­stem met die spo­re van die vee­die­we nie. Een van die drie mans is deur die plaas­wer­kers her­ken. Hy was glo een van vier mans wat ’n ruk ge­le­de oor die draad by ’n buur­man ge­spring het.

Van der Mer­we het ge­sê bui­ten die bees­te wat doodge­maak of ge­steel word, het hy in die ver­le­de ook deur­ge­loop on­der die­we wat ka­bels en an­der toe­rus­ting ge­steel het. “’n Mens raak moede­loos,” het hy ge­sê.

Nie­mand is nog aan­ge­keer in verband met die dood van die drie bees­te nie.

Related Articles

Back to top button