CrimeNews

Rowers besteel skool rot en kaal

Ro­wers het ’n laer­skool in Phaga­meng groot ska­de be­rok­ken na­dat hul­le skoot­re­ke­naars en an­der toe­rus­ting ge­steel het.

Drie ge­wa­pen­de mans het glo op Dins­dag 5 No­vem­ber die twee vei­lig­heids­wag­te wat op diens was by Lekkerbreek Primary oor­rom­pel na­dat ’n skoot af­ge­vuur is. Die twee wag­te, ’n man en vrou, is eers met skoen­ve­ters vas­ge­bind, maar die vrou is la­ter los­ge­maak so­dat sy die skool se sleu­tels vir hul­le kon gee.

“Ter­wyl een van die ro­wers die gang dop­ge­hou het, het die an­der ’n slot by die la­bo­ra­to­rium oop­ge­breek, maar niks is uit die klas­ka­mer gevat nie. Die mans is toe na die ad­mi­ni­stra­sie­kan­to­re waar hul­le die kluis oop­ge­sny het.

Hul­le het agt skoot­re­ke­naars, die moe­der­bord in die hoof se kan­toor en ’n klank­sis­teem ge­buit,” het AO James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, ge­sê.

Die twee wag­te is die vol­gen­de og­gend om 07:00 ge­vind, waar­na alarm ge­maak is. Die ro­wers is steeds op vrye voet.

  • Die skool het ook die naweek van 25-27 Oktober deurgeloop. Die personeel het die Maandagoggend ontdek dat die sinkdak by die kombuisarea oopgesny is. Blikkieskos ter waarde van R600 is gesteel, het Findlay gesê.

Related Articles

Back to top button