CrimeNews

Rowers buit duisende

Vyf ro­wers het toe­ge­slaan op ’n vrug­te­plaas in die Doorn­fon­tein-ge­bied en wer­kers en vrug­te­smou­se van dui­sen­de ran­d be­roof.

Vol­gens AO James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, het die vyf ver­dag­tes op Woens­dag 6 No­vem­ber in ’n wit Nis­san Na­va­ra-dub­bel­ka­juit­bakkie by die plaas op­ge­daag. Hul­le het hul­le aan­vank­lik voor­ge­doen as smou­se wat pers­kes wil koop.

“Die ver­dag­tes het die wer­kers ge­vra wat die vrug­te se prys per krat is. Hul­le het daar­na vir sowat ’n half­uur in hul voer­tuig gaan sit, waar­na drie van die mans weer uit­ge­klim het.

Een van hul­le het deur­ge­stap na die pak­stoor ter­wyl die an­der twee by die laai­so­ne ge­wag het. Die twee het on­ver­wags vuur­wa­pens uit­ge­pluk en geld van die wer­kers en smou­se wat daar was, geëis,” het Find­lay ge­sê. Hul­le was ge­wa­pen met ’n pis­tool en ’n re­wol­wer.

“Die mans het die smou­se en wer­kers in die koel­ka­mer ­ge­dwing. ’n Vrou wat vrug­te wou koop, is ge­dwing om haar voer­tuig oop te sluit en die ro­wers het R3 600 kon­tant ge­buit. Nog R500 is uit ’n an­der voer­tuig ge­vat. Die wer­kers is deur­soek en R3 000 is by hul­le ge­vat, asook sel­fo­ne ter waar­de van R7 100. Die men­se is in die koel­ka­mer toe­ge­sluit en die mans het op die vlug ge­slaan,” het hy ge­sê.

Die plaas­eie­naar, wat nie sy naam ge­noem wil hê nie, was nie ty­dens die voor­val tuis nie. “Ek het die vo­ri­ge dag ver­geet om iets in die dorp te koop en is gou te­rug om dit te gaan kry,” het hy ge­sê.

“Ons ver­koop nou glad nie meer aan smou­se nie, want dit is te ge­vaar­lik. Hoe weet ’n mens wie is smou­se en wie nie?” het hy ge­sê.

Hy het ge­sê 13 of 14 men­se is in die koel­ka­mer toe­ge­sluit. “Dit kon baie le­lik uit­ge­draai het in­dien ons huis­hulp nie op hul­le af­ge­kom het nie.

Die koel­ka­mer is lug­dig en hul­le sou ver­smoor het as hul­le lank daar bin­ne ge­bly het,” het hy ge­sê. Die werkers en smouse is net ná 14:00 in die koel­ka­mer ont­dek.

“’n Mens is baie ont­steld dat die ro­wers hand­wa­pens ge­had het. As jy jou vuur­wa­pen uit­haal, be­te­ken dit jy is be­reid om iemand dood te skiet om dit te kry waar­na jy soek,” het hy ont­steld ge­sê.

Nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie, maar die Mo­di­mol­le-po­li­sie on­der­soek ’n saak van gewapende roof. Vol­gens die po­li­sie het die on­be­ken­de mans glo Se­pe­di met ’n Sho­na-ak­sent ge­praat.

Related Articles

Back to top button