GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Hoërskool Warmbad het vanjaar die Paljas Kersmark op Saterdag 2 November in samewerking met Die Pos-koerant aangebied. Die skool se uitvoerende komitee (UK) het tydens die mark hard gewerk om alles seepglad te laat verloop. Die skool se voedselskema, ’n projek waar behoeftige leerders daagliks ’n ete ontvang, het ’n bedrag ontvang uit die donasies wat besoekers as toegangsgeld geskenk het en die UK het ook ’n bedrag ontvang vir die werk wat hulle tydens die geleentheid verrig het. Op die foto neem die UK-voogde, Jeanne Bekker en Tiaan Botes, saam met die UK-hoofleiers,
Grizelle Lepart en Rikus Labuschagne, die geld in ontvangs.

 

Vyf leerders van Hoërskool Warmbad se musieksentrum het op Sondag 3 November tydens ’n spoggeleentheid van die nasionale eisteddfod se noordelike streekbyeenkoms (Limpopo en Noord-Gauteng) by die Atterbury-teater in Pretoria presteer. Op die foto is Melienke Vermaak, Suzanne van der Linde, Marius Labuschagné en Wynand van Niekerk. Agter staan Henrique Huisamen (twee medaljes) en Hannalie Kriek (musiekonderwyser). Wynand het ’n prestigetoekenning vir die hoogste punte in die klassieke musiekafdeling vir laerskoolleerders behaal. Die Warmbad-musieksentrum is weer vanjaar onder die top 10 skole erken.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button