Local newsNews

Jonges wil graag hulp aan toeriste verleen

Die doel is om hulp aan besoekers te verleen deur hulle na die Waterberg-toerismekantoor te verwys, seker te maak dat hulle welkom voel in Vaalwater.

Toeriste in Vaalwater kan op die uitkyk wees vir vriendelike jong helpers in helder oranje en khaki uniforms.

Altesame 20 plaaslike jongmense is by ’n nuwe projek betrek om werksgeleenthede in die toerisme- en gasvryheidsbedryf te skep en mense op te lei. Hulle staan bekend as “Tourism Monitors”.

Volgens Ken Maud van die Waterberg-toerismekantoor het die departement van toerisme, saam met die Limpopo departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme (Ledet) en die toerisme en besigheidsinstituut van Suid-Afrika (TTBISA) die projek geloods.

Die toeriste-helpers sal in alle aspekte van toerisme hulp verleen.

Hulle doel is om hulp aan besoekers te verleen deur hulle na die Waterberg-toerismekantoor te verwys, seker te maak dat hulle welkom voel in Vaalwater en om hul vrae te beantwoord.

Die helpers sal ook opleiding by verskeie plekke ontvang om hulle voor te berei vir ’n loopbaan in die toerisme- en gasvryheidsbedryf.

“Moedig asseblief die jongmense aan sodat ons die Waterberg ’n meer toeristevriendelike omgewing kan maak,” het Maud gevra.

Related Articles

Back to top button