Local newsNews

Slang! Slang!

Die war­mer weer be­te­ken dat slange weer ak­tief is en dat hul­le meer ge­reeld sal voorkom ná die eers­te reën.

Dié kor­da­te wip­neus­ko­bra is deur Theu­nis Vic­tor uit ’n mo­tor­huis in Mo­di­mol­le ver­wy­der.

Hy waar­sku in­wo­ners dat die war­mer weer be­te­ken dat slange weer ak­tief is en dat hul­le meer ge­reeld sal voorkom ná die eers­te reën.

Hy raai men­se aan om hul er­we skoon te hou en tuin­vul­lis en bou­rom­mel te ver­wy­der.

“In­dien iemand op ’n slang af­kom, is dit goed om dit van­af ’n vei­li­ge af­stand (so 4-5 m) dop te hou ter­wyl jy ’n slangv­anger bel.

Baie men­se pro­beer eer­der die slang dood­maak en plaas dan hul eie le­we in ge­vaar,” het hy ge­sê. In­wo­ners in die Modi­mol­le-om­ge­wing wat slange wil laat ver­wy­der, kan vir Vic­tor bel by tel. 082 823 6910 of LD Pie­naar by tel. 072 475 6414.

Related Articles

Back to top button