CrimeNews

Boewe voel beslis bedreig deur ‘loerbroer’

Die ka­me­ra­pro­jek het reeds tal­le suk­ses­vol­le in­heg­te­nis­na­mes vir die po­li­sie op­ge­le­wer.

Booswigte het op Don­der­dag­aand 24 Ok­to­ber een van die kameras tus­sen Mo­di­mol­le en Sett­lers be­ska­dig wat juis opgerig is om ver­dag­te ak­ti­wi­teite in die Wa­ter­berg-om­ge­wing te moniteer.

Talle vei­lig­heids­ka­meras is se­dert 2017 op ver­skei­e plek­ke en langs o­pen­ba­re paai­e op pa­le ge­mon­teer met die doel om misdaad hok te slaan. Die aan­vank­li­ke pro­jek was die brein­kind van Ko­bus Ger­mis­huys, voor­sit­ter van die Kariba-buurt­wag.

Tal­le pri­vaat eie­naars het hul ei­e ka­me­ra­stel­sels aan­ge­skaf en hul ka­me­ras aan die sen­tra­le da­ta­ba­sis laat kop­pel wat op na­sio­na­le vlak gemoni­teer word.

Ver­dag­te voer­tuig­nom­mer­pla­te word op dié da­ta­ba­sis ge­laai en indien die be­trok­ke voer­tuig in ’n om­ge­wing opgemerk word, word die be­trok­ke o­wer­hede daarvan in ken­nis ge­stel.

Die ka­me­ra­pro­jek het reeds tal­le suk­ses­vol­le in­heg­te­nis­na­mes vir die po­li­sie op­ge­le­wer.

Ger­mis­huys het ty­dens die September-vergadering van die plaas­li­ke vei­lig­heids­groep in Be­la-Be­la ge­sê die ka­me­ras is met teg­no­lo­gie toe­ge­rus wat aan­dui of daarmee ge­peu­ter is.

Louis E­ber­söhn van African Wildlife Services (AWS) het by na­vraag ge­sê ver­dag­tes het ver­le­de week gepoog om son­krag­pa­ne­le van ’n vei­lig­heids­ka­me­ra op die Doorn­put-pad tus­sen Mo­di­mol­le en Sett­lers te steel.

E­ber­söhn sê ’n in­wo­ner het toe­val­lig om ongeveer 21:00 ver­by die ka­me­ra ge­ry en alarm gemaak toe hy onraad vermoed. Vol­gens fo­to’s van die to­neel het die ver­dag­tes pro­beer om die paal af te saag en ook bou­te wat die paal laat reg­op bly, los­ge­skroef.

AWS het re­ak­sie­le­de in die om­ge­wing ont­plooi as voorkomings­maat­reël.

Die paal is reeds die volgende dag herstel, het E­ber­söhn ge­sê.

E­ber­söhn het gesê privaat mense wat hul eie tyd opoffer om veilig­heidsdienste te lewer, kry nie altyd genoeg erkenning nie. Hy het gesê die stelsel kan nog meer doel­treffend word indien ’n professionele reaksiespan saamgestel kan word om aan die hoof van dié projek te staan.

Related Articles

Back to top button