CrimeNews

On­wet­ti­ge im­mi­gran­te in par­le­ment be­spreek

Streng­er maat­reëls om on­wet­ti­ge im­mi­gran­te uit Suid-Af­ri­ka te hou is weer die af­ge­lo­pe week in die parlement bespreek.

Die por­te­feul­je­ko­mi­tees van bin­ne­land­se sa­ke en die de­par­te­ment van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring, tra­di­sio­ne­le sa­ke en menslike neder­settings (CoGHSTA) het op Dins­dag 22 Ok­to­ber bespre­kings gehou oor ne­ga­tie­we ge­voelens jeens bui­te­lan­ders wat tot xeno­fobiese ge­weld ge­lei het.

Adv. Bon­ga­ni Bon­go, voor­sit­ter van die ko­mi­tee oor bin­ne­land­se sa­ke, het luidens ’n parle­men­têre verslag gesê die on­der­lig­gen­de pro­ble­me word deur ar­moe­de en werk­loos­heid aan­ge­wak­ker.

Die re­ge­ring sal ook be­ter wets­toe­pas­sing, veral wat ar­beids­wet­ge­wing betref, moet toepas, het hy ges­ê.

Onwettige im­mi­gran­te wat hul skul­dig maak aan krimi­nele gedrag, wek tans land­wyd kommer.

Vol­gens in­lig­ting van die Be­la-Be­la-po­li­sie is ongeveer 30 on­wet­ti­ge bui­te­lan­ders sedert September vanjaar met mis­dade in die om­ge­wing ver­bind.

Kol. A­bel Phet­la, Be­la-Be­la-stasie­­be­vel­voer­der, het by na­vraag aan Die Pos ge­sê on­wet­ti­ge im­mi­gran­te is dik­wels by mis­daad be­trok­ke of verskaf in­lig­ting aan ander mis­da­di­gers, waar­na ’n mis­daad ge­pleeg word.

Inwoners van Bela-Bela het die afgelope tyd met skok gerea­geer nadat drie ver­meende on­wet­ti­ge im­mi­gran­te van Zim­bab­we met die aanval op Peet Pre­to­rius, eie­naar van Peet se pad­stal bui­te die dorp, verbind is. Die drie, Noah Mu­ri­mo (36), Eu­nice Chi­ru­vani (40) en Da­niel Man­yi­mo (30), is kort ná die roof­tog in ­heg­te­nis ge­neem.

Mu­ri­mo was ’n tui­nier en Chi­ru­vani ’n huis­­wer­ker in diens van Pre­to­rius.

Die drie ver­skyn weer op Maan­dag 4 No­vem­ber in die Be­la-Be­la-land­dros­hof op aan­klag­te van huis­roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de en ’n ootre­ding van die immi­grasie­wet.

Nóg ’n ver­meende on­wet­ti­ge im­mi­grant van Zim­bab­we is ook die afge­lope maand aange­keer. Hy was vol­gens die polisie verant­woorde­lik vir verskeie roof­togte in die om­gewing van die ou skou­ter­rein na­by die Be­la-Be­la Wa­ter­front.

Dié man, wat intussen in polisie­aan­hou­ding gesterf het, het vol­gens die po­li­sie geweier om sy naam of enige ander wet­ti­ge ID-do­ku­men­ta­sie aan die po­li­sie te verskaf.

Lui­dens die par­le­men­tê­re ver­kla­ring het die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sake tus­sen A­pril en Sep­tem­ber vanjaar altesame 11 455 on­wet­ti­ge im­mi­gran­te landwyd gede­por­teer.

“Al dié goeie werk is waardeloos indien die Grens­be­stuurs­o­wer­heid (BMA) nie die gren­se be­ter be­vei­lig nie,” het Bon­go ge­sê.

Die BMA is tans besig om maat­reëls in te stel om die lands­gren­se meer doel­treffend te be­vei­lig. Dié proses vorm deel van die re­ge­ring se BMA-wets­ont­werp wat tans by die na­sio­na­le raad van pro­vin­sies (NRP) vir goed­keu­ring is.

Die po­li­sie maan in­wo­ners intus­sen om nie werkers sonder gel­dige werks­per­mitte in diens te neem nie. Mense wat dié wet oor­tree, kan ’n boe­te van tussen R1 500 tot R2 000 per per­soon opgelê word, het Phet­la ge­sê.

Related Articles

Back to top button