LettersOpinion

Duiwe en hul manewales

Die eerste wed­vlug van die rooi duif was ook sy laaste — so ook dié van die duiwe­boer.

Kantlyngeesdriftige, Bela-Bela, skryf:

Daar is die afge­lope week in Die Pos — en selfs in die redak­teurs­kolom — oor wed­vlug­duiwe berig.

Twee gebeurte­nisse rondom wed­vlug­duiwe bly my by.

Daar was ’n jong duiwe­boer wat by ’n melk­fa­briek gewerk het. Om sy duiwe oefe­ning te gee, het hy week­liks ’n mandjie duiwe saam met die melk­tenk­wa na ’n sekere melk­boer gestuur. Die boer moes dan die duiwe op ’n sekere tyd los­laat.

Onder die duiwe was ’n rooi­ge­veerde duif wat vir die plaas­boer nie soos ’n wed­vlug­duif gelyk het nie. Om die duif ’n voor­sprong bo die ander te gee, het hy die rooi duif ’n hele ruk voor die ander los­gelaat. Soos verwag was die rooi duif eerste terug by die hok.

By navraag van die duiwe­boer het die plaas­boer gesê dat al die duiwe op pre­sies die­selfde tyd los­ge­laat is. Die duiwe­boer het toe by die klub begin spog oor die kampi­oen in wor­ding.

Die eerste wed­vlug van die rooi duif was ook sy laaste — so ook dié van die duiwe­boer.

’n Ander duiwe­boer en sy maters het weer laat­aand, ná ’n rug­bywed­stryd, besluit om iewers langs die Wilge­rivier te gaan barbers vang. Die duiwe­boer bied toe van sy uitskot­duiwe as aas aan.

Die manne het hul hengel­gerei gaan kry en by die huis van die duiwe­boer byme­kaar gekom om die aas te ver­samel. In die dowwe lig is die duiwe nek-omge­draai en in ’n sak geprop.

Hoe die nagte­l­ike barber­vangery verloop het, is nie bekend nie, maar dié uit­stappie het glo tot die einde van ’n vriend­skap gelei toe die duiwe­boer met dag­breek verslae besef het dat die duiwe wat as uitskot­duiwe bedoel was, nog veilig op hok was …

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button