LettersOpinion

Wat doen ons sonder die boere?

Vir ’n sak vol aar­tap­pels ont­vang ’n boer min­der as vir die sky­fies van ’n en­ke­le aart­ap­pel op ’n bord en min­der vir ’n em­mer melk as ’n glas ­vol oor ’n toon­bank.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Dit is warm en droog, maar men­se eet, drink en is vro­lik.

Waar­om kla, want die win­kel­rak­ke is vol­ge­pak met produkte om van te kies en keur?

Kers­fees kom en oral flik­ker lig­gies en wins­ko­pe word aan­ge­kondig. Die win­kels verskaf kos en ding mee om die bes­te pry­se.

’n Mens sien oral duidelike tekens van voor­spoed en mense wat oordadig eet. Tog word die oor­sprong van die voedsel verswyg om­dat die woor­de “boer” of “Afri­kaans” op ’n pro­duk moontlik ver­ko­pe kan striem.

Ter­wyl ’n hand­jie­vol son­ver­bleik­te man­ne swoeg vir spys en drank, is daar min­der pu­bli­si­teit oor ’n plaas­moord as ’n re­nos­ter wat onwettig gejag word.

Vir ’n sak vol aar­tap­pels ont­vang ’n boer min­der as vir die sky­fies van ’n en­ke­le aart­ap­pel op ’n bord en min­der vir ’n em­mer melk as ’n glas ­vol oor ’n toon­bank.

Oppas net vir die dag wanneer die melk­koei op­droog en die boor­gate wind­ sluk.

Related Articles

Back to top button