Local newsNews

Bosveldreën bring welkome verligting in droë tyd

Die droog­te in die Wa­ter­berg-om­ge­wing is steeds merk­baar, hoewel daar die afgelope naweek welkome reënbuie op talle plekke in Die Pos se lesersgebied geval het.

Kenners meen egter dat baie meer ge­na­de­wa­ter no­dig is om die droogte te breek en die buiten­gewone hoë tempe­rature se felheid te versag.

Vol­gens in­lig­ting van die Wa­ter­berg Dis­trik Land­bou-u­nie (WDLU) het daar die af­ge­lo­pe week tus­sen 10-18 mm in die Be­la-Be­la-om­ge­wing uit­ge­sak.

Daar is ’n skamele 2 mm in Mo­di­mol­le en ook in die Lou­bad-omgewing gemeet. Geen reën­val is tot dusver vir die Le­hau-om­ge­wing aangeteken nie.

Ka­be­lo Mo­si­to, woord­voer­der van die Be­la-Be­la-mu­nis­ip­ali­teit, het by na­vraag ge­sê die dorp ervaar nie tans krisiste­korte nie, maar hy het gemaan dat dit kan verander indien daar nie ’n baie goeie reënseisoen voorlê nie.

Die mu­ni­si­pa­li­teit ver­skaf tans 55% van die dorp se wa­ter en Ma­ga­lies Wa­ter die ander 45%.

“Ons dam­vlak­ke bly binne die ver­wagte perke ten spy­te van die min reën. Die rede daar­voor is dat die mu­ni­si­pa­li­teit die wa­ter­toe­voer na die dorp tus­sen 22:00 en 05:00 af­skakel so­dat ge­noeg wa­ter vir die vol­gen­de dag be­skik­baar is,” het hy ge­sê.

“Daar word tans geen boe­tes gehef vir die gebruik van tuin­slange en sproeiers nie. Die dam­vlakke word gemo­niteer en bestuur.”

Hy het voorts ge­sê die mu­ni­si­pa­li­teit is dank­baar dat in­wo­ners wa­ter­py­pe wat lek dadelik aan­meld.

“Ons het ook ’n proaktiewe maat­reël ingestel deur ’n span na alle wonings in die muni­sipale gebied te stuur om te bepaal of water­meters nog funksio­neel is.”

Related Articles

Back to top button