Home/Galleries/Oor die wenstreep… GalleriesSports galleries Oor die wenstreep… Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg. November 1, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die kaptein van Laerskool Nylstroom se eerste krieketspan, Franco Steenkamp, benut hier ’n uitstekende vangskoot. Sy spanmaat, Jaco Briel, kyk angstig toe of die bal in die hand gaan bly. Die Nylies het oortuigend met nege paaltjies gewen. Foto: Herman Steyn Die eerste krieketspan van Laerskool Nylstroom het op Donderdag 24 Oktober in Polokwane teen Laerskool Phalaborwa kragte gemeet in die Limpopo-finaal. Die Nylies het hul teenstanders vir slegs 96 lopies uitgeboul en die telling met die verlies van slegs een paaltjie behaal om oortuigend met nege paaltjies te wen. Voor is Hendry van Staden en Willie Kruger. In die middel is Tiaan Steffen, Wihan Bezuidenhout, Altus du Plessis, Franco Steenkamp (kaptein), Lukas van der Merwe (onderkaptein), Jannes van Zyl, Zian Vermeulen, Leander Janse van Rensburg, Jaco Briel en HP van Heerden. Agter is Roelf Vorster (afrigter), Hempies du Preez (skoolhoof) en Brandon Neveling (hulpafrigter). Foto: Herman Steyn Amoné van Niekerk (regs), ’n gr. 11-leerder van Hoërskool Warmbad, is as een van twee gimnaste uit die Waterberg verkies om in Februarie 2020 aan ’n internasionale tuimelkompetisie in Mauritius deel te neem. Die ander gimnas is Mackayla Vermaak van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle. Saam met Amoné op die foto is haar afrigter, Petro von Allemann. November 1, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print