Laerskool Warmbad, wat reg deur die jaar leierskapontwikkeling aan alle gr. 7-leerders bied, het hul nuwe leiers vir die laaste kwartaal van 2019 aangewys. Voor is Jorich van Schalkwyk, Henlu van der Heever, Zanele Tshabalala, Karli Brooker, Lourens Grobler en Angelina Cortes. Agter is Kaylee Brent-Meek, Bianca Wienekus, Franco Barnard en Trystann Ferreira.
’n Paar kunstige leerders van Laerskool Warmbad het aan die Art at Heart-kunskompetisie, wat deur Cashbuild Bela-Bela aangebied is, deelgeneem en groot pryse ontvang. Die skool het in die proses boumateriaal gewen om die skool se badkamers mee op te knap. Op die foto is Juan Roos, studente-onderwyser, Luché Riegger (brons toekenning), Carla van Rooyen (silwer toekenning), Charles Makhubela (sertifikaat) en Salome Mojela, Cashbuild-winkelbestuurder, tydens die prysuitdeling.
Twee gerekende krieketspelers van Laerskool Warmbad, Nehan Volschenk en Jorich van Schalkwyk, is manne wat weet hoe om die bal en kolf die praatwerk te laat doen. Hulle is onderskeidelik in die o.13A en o.13B-Limpopo Impala-krieketspanne opgeneem.