CrimeNews

Vrou met baba in arms steel glo klere

’n Vrou is op Don­der­dag 17 Ok­to­ber by die Bela Mall aan­g­ekeer na­dat sy ’n klomp denimbroe­ke probeer steel het.

Vol­gens die po­li­sie het die voorval by die Legit-kle­re­win­kel plaas­ge­vind.

Die vrou (32) het volgens die polisie ’n baba vasgehou. ’n Vriendin was saam met hulle.

Die oom­blik toe die vei­lig­heids­wag­te haar begin ag­ter­volg het, het sy volgens die polisie die broe­ke, wat sy pro­beer weg­steek het, laat val. Haar naam word weerhou om die identiteit van haar kind te beskerm.

Sy het reeds vlugtig in die Be­la-Be­la-land­dros­hof verskyn op aan­klag van win­kel­dief­stal. Volgens die polisie is sy ver­moe­delik ’n on­wet­ti­ge im­mi­grant.

Die vrien­din is nie aan­ge­kla nie en die baba is in haar sorg gelaat.

Die vrou ver­skyn weer op Don­der­dag 24 Ok­to­ber in die hof. Sy bly intussen in aan­hou­ding.

  • Die po­li­sie is tans be­sig met ’n be­wus­ma­kings­veld­tog om win­kel­eie­naars en die pu­bliek in te lig oor nuwe misdaad­tendense. Die publiek word ingelig oor voorkomende optrede, asook oor optrede indien hulle wel ’n slagoffer van misdaad word, het sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, ge­sê.

Related Articles

Back to top button