Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Klub 60 in Bela-Bela het op Donderdag 17 Oktober ’n gesellige skaapbraai by die ATKV-Klein-
Kariba-vakansieoord gehou. Die volgende byeenkoms vind op Donderdag 14 November plaas. Mense bo 60 wat nuwe vriende wil maak, is welkom om by die klub aan te sluit. Klub 60 het onlangs ’n tweede klub in Modimolle op die been gebring. Vir navrae kan mense vir Jan du Toit bel by tel. 079 127 2442. Op die foto is die klublede tydens die geselligheid by Klein-Kariba.

 

Die Bela-Bela-munisipaliteit het die afgelope week nuwe spoedhobbels op verskeie plekke in die dorp opgerig. Dié een is op die hoek van Moffat- en Pretoriaweg, naby die Bela-Bela-landdroshof. Daar was teen druktyd geen padtekens aan weerskante van die pad sigbaar nie en die hobbel is nie geverf nie. Om die sigbaarheid verder te versleg, is talle straatligte in dié omgewing tans buite werking. Inwoners word gewaarsku om veilig te bestuur.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button