CrimeNews

Stilhoek Boerdery-hofsaak teruggetrek

Die saak teen ’n egpaar wat daarvan beskuldig is dat hulle die be­ken­de Stil­hoek-boer­de­ry, ’n gre­na­del­la­plaas tus­sen Be­la-Be­la en Mo­di­mol­le, met hon­der­d­dui­sen­de ran­de be­drieg het, is voor­lo­pig te­rug­ge­trek.

Die egpaar, Rick (31) en Man­dy Bo­tha (31), het vroeër in die hof ver­skyn op aan­klag­te van be­drog en dief­stal na­dat hul­le luidens die klagstaat altesame R401 813,22 van die boer­de­ry ge­steel het.

Die staat het beweer hulle het bankre­ke­ning­e vir plaas­wer­kers geskep, maar die kon­tant in die re­ke­ning­e vir hul­self aan­ge­wend.

Die plaas be­hoort aan die Ger­mis­huys-familie. Die Botha-eg­paar het vir ’n tyd op die plaas ge­werk.

Die eg­paar is aan­vank­lik op Maan­dag 15 Ok­to­ber 2018 in heg­te­nis ge­neem en het in die Be­la-Be­la-land­dros­hof ver­skyn. Die saak is daarna na die Mo­di­mol­le-streek­hof oorgeplaas.

Die hof het borgtog van R2 000 elk aan die Bothas toe­ge­staan.

Volgens die polisie is die saak intussen voor­lo­pig te­rug­ge­trek om­dat daar uit­staan­de in­lig­ting is wat moet deel vorm van die on­der­soek. So­dra die on­der­soek vol­tooi is, kan die saak moont­lik weer op die hof­rol ge­plaas word.

Related Articles

Back to top button