LettersOpinion

Regering moet ingryp by korrupsie

Die VF Plus dring daarop aan dat pro­bleme by die mu­nisipa­liteit drin­gende aandag op nasio­nale regerings­vlak kry en die dreige­mente ernstig op­geneem word.

Marcelle Maritz, Vry­heids­front Plus: lid van die pro­vinsiale wet­gewer en pro­vinsiale leier in Limpopo, skryf:

Die groot­skeepse kor­rupsie in Lim­popo is besig om ’n ern­stige wending te neem en die VF Plus in dié pro­vinsie veroor­deel die doods­dreige­mente teen die ANC se pro­vin­siale sekre­taris, Soviet Lek­ganyane, wat hom uit­gespreek het teen dié kor­rupsie.

Die dreige­mente volg nadat hy as lid van die pro­vin­siale uit­voe­rende komitee (PUK) van die ANC ’n ver­slag oor die be­weerde kor­rupsie in die Moga­la­kwena-muni­sipa­liteit in Mokopane by Luthuli­huis in Jo­hannes­burg inge­dien het.

Die VF Plus dring daarop aan dat die pro­bleem by die mu­nisipa­liteit drin­gende aandag op nasio­nale regerings­vlak kry en dat die dreige­mente ernstig op­geneem word.

Vaaltyn Ke­kana, voor­sitter van die munisi­pale open­bare reke­ninge­komitee en Ralph Kanyane, ANC-dis­trik­sekre­taris, is albei van­jaar helder oordag ver­moor, kort voordat hulle óók ’n ver­slag oor kor­rupsie in die mu­nisipa­liteit bekend wou maak.

Die VF Plus het reeds in Augus­tus ’n ver­soek tot Basikopo Makamu, Lim­popo se LUR vir same­wer­kende rege­ring, mens­like neder­settings en tradisionele sake (CoGHSTA), gerig vir die verwy­dering van Andrina Matse­mela, burge­mees­ter van Moko­pane, weens beweerde onge­rymd­hede en dat ’n in­dringende onder­soek na die aan­geleent­heid gedoen word.

Dit is sorg­wekkend dat daar tot vandag toe geen terug­voering of erken­ning ont­vang is van die LUR nie. Die VF Plus sal dit nie daar laat nie. Hoeveel mense moet sterf in die stryd teen korrupsie voordat die rege­ring optree?

Related Articles

Back to top button