GalleriesSchools galleries

Nylies het rede om te glimlag by prysuitdeling

Hoërskool Nylstroom het op Woensdag 9 Oktober en Donderdag 10 Oktober hul jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid gehou om leerders wat buitengewone prestasies behaal het, te vereer. Anton du Plessis, skoolhoof van die Nylies, het die trofeë oorhandig. Foto’s: Herman Steyn              

Hoërskool Nylstroom het op Woensdag 9 Oktober en Donderdag 10 Oktober hul jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid gehou om leerders wat buitengewone prestasies behaal het, te vereer. Anton du Plessis, skoolhoof van die Nylies, het die trofeë oorhandig. Foto’s: Herman Steyn

 

Lindie Brits is aangewys as Dux-leerder vir haar volgehoue harde werk en puik prestasie in akademie. Haar gemiddelde persentasie is 83,96%. Op die foto wens Doria Groenewald (lid van die beheerliggaam) haar geluk met die prestasie.

 

Anika Holtzhausen is die veelsydigste sportmeisie van die jaar. Sy het ook trofeë ontvang vir tennisspeler van die jaar en junior meisiesatleet van die jaar.

 

Kaiden Barthram het die toekenning as kultuurleerder van die jaar verower. Hy is ’n redenaar van formaat en het ook sy skool by verskeie ander buitemuurse aktiwiteite verteenwoordig.

 

Heinrich Steffen is aangewys as veelsydigste sportseun van die jaar. Hy is ook die seunsatleet van die jaar en krieketspeler van die jaar.

 

Martin Vosloo is vanjaar die Nylies se sportseun van die jaar. Hy het ook die trofee ontvang as senior seunsatleet van die jaar.

 

Leonette Vosloo is as die Nylies se sportmeisie bekroon nadat sy ook trofeë ontvang het vir die beste senior hokkiespeler en senior meisiesatleet van die jaar.

 

Lydia Mothapo het die trofee vir redenaar van die jaar ontvang nadat sy die ATKV se nasionale kompetisie vir leerders met Afrikaans as eerste addisionele taal losgepraat het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button