CrimeNews

Almal moet hande vat teen misdaad

“Die aanranding van vroue en kinders bly toeneem en ons as gemeen­skap kan dit daad­werk­lik keer deur nie stil te bly nie, maar voor­valle aan te meld.”

Die polisie in Mook­go­phong het op Don­der­dag 26 Septem­ber ’n “imbizo” (verga­dering) gehou waar­ty­dens ’n mis­daad­voor­komings­pro­gram met die inwo­ners van Mook­gophong bespreek is.

Die verga­dering is in die ge­meen­skap­saal in Sektor 1 gehou.

Brig. Anne­line Steyn, groeps­bevel­voerder van die Water­berg, het tydens die verga­dering gesê Mook­go­phong se mis­daad­syfers het die hoogte inge­skiet. Sy het gesê mis­daad­voor­ko­ming is nie net die polisie se verant­woorde­lik­heid nie, maar ouers en gemeen­skappe moet ook verant­woorde­lik­heid neem. “Ons moet saam­staan om kin­ders te dissi­plineer en nie net die blaam vir hoë mis­daad voor die polisie se deur lê nie,” het Steyn gesê.

Kol. Mabe Kekana het op sy beurt kerke en skole gevra om hande met die polisie te neem in ’n po­ging om mis­daad te be­kamp.

Philip van Staden van die plaas­like gemeen­skaps­polisiërings­forum het tydens die verga­de­ring gesê ons woon in ’n land met van die ergste mis­daad teen vroue en kinders.

“Die aanranding van vroue en kinders bly toeneem en ons as gemeen­skap kan dit daad­werk­lik keer deur nie stil te bly nie, maar voor­valle aan te meld, want misda­digers hoort agter tralies,” het hy gesê.

Mar­lene van Staden, burge­meester, en verskeie pastore uit die gemeen­skap, het ook bood­skappe gebring.

Ander sprekers was Mokone du Preez, voor­sitter van die Naboom-sake­kamer, die Ledet-onder­steu­nings­groep vir slag­offers, Alba Nel van die Departe­ment van Jus­tisie in Mook­go­phong, verteen­woor­digers van maat­skaplike dienste, asook enkele raads­lede.

Die sukses­volle pro­gram is gereël en saam­gestel deur ’n im­bizo­komi­tee onder leiding van AO George Ledwa­ba van die polisie in Mook­gophong.

Lede uit die gemeen­skap het tydens vrae­tyd gesê hulle is moeg daar­voor om te hoor dat daar sekere polisie­lede is wat saam met dwelm­hande­laars werk en self korrup is.

Related Articles

Back to top button