GalleriesSchools galleries

Matriekafskeid: Waterbergskool vir CVO

Die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het hul jaarlikse matriekafskeid in styl aangebied. Die afskeid is op Vrydag 4 Oktober by die pragtige Casamento buite Modimolle gehou. Herman Steyn het die foto’s geneem.

LJ Humphries het baie statig in sy donker pak en swierige swart strikdas gelyk. Sy metgesel, die mooie Kayra Humphries, het ’n skouerlose skepping in sysagte pienk materiaal gedra.

 

Die pragtige Abi Steenkamp het gestraal in haar donkerblou elegante aandrok met dun skouerbandjies en detail om die middellyfie.

 

Nog ’n elegante paartjie wat die koppe laat draai het tydens die Waterberg CVO-skool se matriekafskeid was CP Meijer en Leonette Vosloo. Albei het die modekleur van die seisoen, vlootblou, gedra. Leonette se nousluitende rok het ’n syspleet op die been gehad en het haar mooi skoene baie sigbaar gemaak. GP het ’n vrolike geblomde hemp by sy moderne pak aangehad.

 

Anneke du Plessis het die koppe laat draai met haar silwer A-lynuitrusting. Die kralewerk op die bostuk was besonders en het haar slanke figuur beklemtoon.

 

Lesley Maritz se rooi skepping het die oog gevang met sy geometriese ontwerp op die skuinsstroke. Kaiden Barthram, haar metgesel, was stylvol in sy driestuk donker pak en sydas met geometriese patrone daarop.

 

Die elegante paartjie, Philip Humphries en Femke Minnaar, het die Waterberg CVO-skool se matriekafskeid bygewoon. Femke het ’n pragtige sjampanjekleurige skepping gedra. Philip het ’n moderne vlootblou baadjie gedra met ’n kraakvars wit hemp en ’n parmantige strikdas.

 

Kobus Engelbrecht en Lenani du Plessis het die spoggerige geleentheid by Casamento bygewoon. Lenani het ’n tydlose swart aandrok gedra. Kobus het ’n swart pak gedra met swart hemp en ’n treffende silwer das.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button