Home/Galleries/Community galleries/FOTOGRAFIE: In fokus Community galleriesGalleries FOTOGRAFIE: In fokus Die wêreld vasgevang deur ’n kameralens. October 4, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Willem Pietersen se foto “Verlate plaashuis” het ’n merietetoekenning in die driesterafdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se September-vergadering. Die klub verga- der elke eerste Dinsdag van die maand by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela. Die foto “I Love You” is deur Hannes Koch vir die wildlewekategorie tydens die Bosveld-fotografieklub se Augustus-byeenkoms ingeskryf. Hy is aangewys as junior maandwenner en het ook ’n merietesertifikaat ontvang. Hennie Ludik se kleurvolle foto “Dit is snoektyd in die Kaap” het ’n merietetoekenning in die senior afdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se September-vergadering. Bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725 om by die klub aan te sluit. Jan Pelser se treffende foto “Alleen” het ’n merietetoekenning in die driesterafdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se September-vergadering. Om by die klub aan te sluit, bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725. Die foto “Boatman stays home for now”, wat deur Frits Stegman geneem is, het ’n merietesertifikaat ontvang in die kategorie vir vaste onderwerp: Rustiek tydens die Bosveld-fotografieklub se Augustus-byeenkoms. John Tapuch van die Pretoria Photographic Society het die foto’s beoordeel. Drina van der Merwe se foto “Kom ons ry fiets” het ’n merietetoekenning in die driesterafdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se September-vergadering. Geesdriftige fotograwe kan vir Gerda de Bruto bel by tel. 082 563 4725 om by die klub aan te sluit. October 4, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print