CrimeNews

Ver­meen­de ro­wer by ou skouterrein ge­skiet

Die polisie het op Vry­dag 20 Sep­tem­ber ’n ver­meen­de ro­wer in die om­ge­wing van die ou skou­terrein buite Be­la-Be­la ge­skiet.

Die man word ver­bind met verskeie rooftogte wat die afgelope ruk plaas­ge­vind het.

Volgens sers. Frans Maponya, Bela-Bela-polisiewoordvoerder, het die skiet­voor­val plaas­ge­vind toe die po­li­sie die ver­dag­te genader het vir ondervraging. Die man het glo ’n mes te voorskyn gebring en ’n polisiebeampte aangeval.

Volgens die polisie word die verdagte tans onder polisie­bewaking behandel.

Hy word met mins­tens vyf rooftogte ver­bind.

Die Pos het reeds verskeie kere berig oor die omgewing om die skou­terrein wat ’n hoë gevaar inhou vir die tal­le men­se wat daagliks tus­sen die Be­la-Be­la-town­ship en die dorp na hul werk­plek­ke stap.

Tal­le men­se is reeds vanjaar tus­sen die Bela Mall en die town­ship be­roof.

Daar is tydens die dorp se jongste veilig­heids­ver­gadering ’n stokkie gesteek voor die planne om die terrein skoon te brand omdat die brand­gevaar tans te hoog is.

Die nasio­nale brand­ver­bod het einde Mei in wer­king getree. Deeg­like beheer en voor­komings­maatreëls sal in plek wees voor­dat die grond gebrand word.

Related Articles

Back to top button