CrimeNews

Bedrogsaak oor erwe wéér uitgestel

Die ver­hoor van An­dries (42) en Har­ri­son (59) Mo­je­la, wat daarvan verdink word dat hulle onwettig grond aan mense in die Tsakane-neder­set­ting buite Bela-Bela verkoop het, is Vry­dag 20 Sep­tem­ber wéér in die Be­la-Be­la-land­dros­hof uitgestel.

Die twee is in Ju­nie van bedrog aan­ge­kla.

Lui­dens die klag­staat was die twee on­der die in­druk dat hul­le toe­stem­ming van die Be­la-Be­la-mu­ni­si­pa­li­teit ge­had het om grond te ver­koop. Die grond behoort egter aan die Wa­ter­berg-dis­trikmu­ni­si­pa­li­teit.

Die ­gale­ry in die hofgebou was Vrydag stampvol Tsa­ka­ne-in­wo­ners wat vermoedelik deur die twee mans ingeloop is.

Die groep men­se het buite die hof aan Die Pos ge­sê hul­le het dui­sen­de ran­de aan die twee mans be­taal om er­we in Tsa­ka­ne te be­kom.

Borgtog van R1 000 is reeds voorheen aan Andries toegestaan en R500 aan Har­ri­son.

Vyf ge­tui­es was Vrydag by die hof teen­woor­dig om te ge­tuig. Landdros Ger­rit O­li­vier het egter gelas dat die saak weer uitgestel word omdat alle getuies nie teen­woor­dig was nie.

Teen druk­tyd was die nuwe hof­da­tum nog nie be­kend nie.

Hen­riët­ta Le­dwa­ba, ANC-hoof­sweep van die Be­la-Be­la-mu­ni­si­pa­li­teit wat die klag teen die mans gelê het, het buite die hof aan Die Pos gesê sy het dit as haar plig beskou om die saak by die polisie aan te meld en dat sy beoog om die in­wo­ners deur die hof­pro­ses by te staan.

Sy het ge­sê dit is vir haar vreemd dat “nie­mand in die hoër po­si­sies in die mu­ni­si­pa­li­teit ’n saak wou o­pen nie”.

Related Articles

Back to top button