CrimeNews

Polisie maak ‘dobbelhuis’ se deure toe

Die Lim­po­po-dob­bel­raad en die Mo­di­mol­le-po­li­sie het weer toe­ge­slaan op vermeende on­wet­ti­ge dob­bel­plek­ke in die dorp se hoof­straat.

Die Pos het al her­haal­de ke­re be­rig oor soort­ge­ly­ke on­der­ne­mings wat se deure deur die po­li­sie toe­ge­maak is. Dob­bel­plek­ke son­der die no­di­ge li­sen­sies is on­wet­tig. Die­gene wat by dié plek­ke dob­bel, kan ook in heg­te­nis ge­neem word.

Drie men­se, wat volgens die polisie werk­ne­mers van die betrokke on­der­ne­ming was, is op R1 000 elk borg­tog vry­ge­laat. Hul­le is An­na Ma­chi­tiri (26), Mar­tha Mag­hawo (30) en Nau­man Sohaib (28).

Vol­gens AO James Find­lay, woord­voer­der van die Modi­mol­le-po­li­sie, duur die on­der­soek na die eie­naar van die on­der­ne­ming voort.

Die on­der­soek­beamp­te in die saak is AO Eugene Cla­rens.

Die drie ver­dag­tes ver­skyn weer op Maan­dag 4 No­vem­ber in die hof.

Related Articles

Back to top button